Gemeentelede neem aan verskeie projekte in die gemeente deel op
grond van hul belangstelling en kundigheid.
Die werk vind binne die gemeente en in die breër gemeenskap
plaas. Dit is waardevolle werk, maar beteken ook baie vir die
deelnemers self, want 'n mens word ook verryk deur die werk, nie
net deur wat ander vir jou doen nie.
Die diensgroepe is:
- Blommekomitee
- Caritas
- Chrisante
- Dopperdienste
-
Huweliksvoorbereidingswerkgroep
-
Aspekte van die huwelik word met voornemende huwelikspaartjies
behandel ten einde paartjies voor te berei vir die groot stap
en gepaardgaande uitdagings van die huwelik.
- Klerebank
- Koningskinders
- Munte vir Bybels
- Ons Spens
Ons Spens voorsien kospakkies aan ons gesinne wat dit broodnodig
het en verleen ook hulp aan ons Diakonie.
- Quo Vadis Stapgroep
- Shiloh
Synergy
- Shiloh Synergy is 'n groep projekte in die Wallacedene en
Bloekombos informele gebiede in die Wes Kaap wat poog om blywende
en positiewe verandering te bring aan minderbevoorregtes. Voeding
vorm 'n belangrike deel van die uitreikaksie en die liefde van
God word terselfdertyd in die aksies aan die mense bedien.
Verskeie van ons lidmate is betrokke by die aksies.
- Tegnologiekomitee
Indien u by een van die groepe wil inskakel,
stuur 'n e-pos
aan die groep of skakel
die kerkkantoor.