Die Gereformeerde Kerk Bellville-Oos dek 'n
groot geografiese gebied vir 'n stedelike gemeente wat strek van
die Weskus in die weste tot by Kraaifontein in die ooste en
Durbanville in die noorde tot Kuilsrivier in die suide. Daarby is
daar nog 'n aantal verspreidwonende lidmate wat ook deur die
gemeente bedien word. In 2009 was die totale getal belydende- en
dooplidmate 1078 gewees.
Daar is 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite
in die gemeente, vanaf evangelisasiewerk in Mitchellsplein en
Grassy Park tot uitreikaksies by skole en informele nedersettings
(Caritas & Koningskinders). Daar is 'n aantal groepe wat op mense
in verskillende ouderdomme of aktiwitiete fokus:
'n mediateek wat boeke, CDs en videos beskikbaar stel aan
gemeentelede
... om 'n paar aktiwitiete te noem.
Ons is geseënd met twee bekwame en hardwerkende
predikante, di. Reinder Kingma en Henning Venter.
Ons eredienste en meeste van die gemeenteaktiwiteite vind in
ons gemeentesentrum op die hoek van Cherry- en Redwoodstrate,
Bellair, of in die kerkhuis, regoor die gemeentesentrum, plaas.
Die gemeentesentrum is maklik bereikbaar vanaf die N1 deur die
Old Oak afrit (vanaf Kaapstad) of die Branckenfell afrit (vanaf
die Paarl) te gebruik. Draai regs in Frans Conradierylaan - dit
word Suikerbosstraat vanaf die Old Oakweg-kruising. Raadpleeg
die padkaart hieronder.
Bron: Map Studio
Die gemeente is ingedeel in 52 wyke, gebaseer op huishoudings
in geografiese gebiede.
Ons het tans twee predikante in die gemeente, di. Reinder
Kingma en Henning Venter.
Die gemeente word gelei deur die predikante en die ouderlinge
(die Kerkraad). Saam met die Diakonie word na die geestelike en
stoflike belange van die hele gemeente omgesien.
Terwyl die ouderlinge omsien na die gemeentelede se geestelike
lewe met onderrig, bemoediging en vermaning, sien die diakens
om na die onderlinge meelewing in die gemeente en die lidmate se
daaglikse lewensbehoeftes met hulp waar daar 'n gebrek aan kos,
klere, blyplek, gesondheidsorg en maatskaplike sorg ontstaan
waarin die lidmate nie self kan voorsien nie.
In die kerk geskied dit alles volgens Bybelse norme.
Liefde vir God en die naaste is in al die aksies die dryfveer.
In die onderlinge meelewing word die diakens dikwels bygestaan deur
die Susters - 'n groep vrouelidmate wat in die gemeente saamwerk op
verskeie terreine en 'n verskil maak in hulle kring en daarbuite. Op
hul eie reël die Susters ook hul eie byeenkomste, funksies en
bystandsprojekte.
Hier is ons gemeente se
Jaarprogram vir 2010
U kan die meeste groepe, ampsdraers en die predikante
per e-pos bereik,
of skakel die
kerkkantoor.