GKBO

Huisbesoek

2010 se Huisbesoeke

Die Gereformeerde Kerk Bellville-Oos het 'n besondere roeping van die Here ontvang. 'n Gedeelte daarvan is vasgevang in die twee gedenkplate / hoekstene in die voorportaal van ons kerkgebou. Op beide die gedenkplate is daar 'n aanhaling uit Openbaring 22:17 "Laat hom wat dors het, kom" en "die water van die lewe is verniet." Ons wil graag in 2010 weer nuut kyk na ons gemeente se gehoorsaamheid aan die beginsels van hierdie gedeeltes.

Die huisbesoekbriewe vir 2010 is almal in PDF formaat wat met Adobe Acrobat Reader of soortgelyke programme gelees kan word.


2009 se Huisbesoeke

Liturgie is 'n Griekse woord, en dit beteken al die gebede, handelinge en liedere wat tydens 'n erediens plaasvind.

Tydens 2009 se huisbesoeke word die verskillende fasette van die erediens bespreek. Elke huisbesoekbrief bevat ook opsommings van sinodebesluite oor die fasette van die liturgie wat tydens die huisbesoek behandel word.
2009 se huisbesoekbriewe is almal in Microsoft Word 97-2002/XP dokument-formaat.

  • Ontmoetingsdiens Februarie 2009: Ontmoetingsdiens
    Sluit die Votum, Groetseën, Lofpsalm en Geloofsbelydenis in
  • Verootmoedigingsdiens Mei 2009: Verootmoedigings- en versoeningsdiens
    Sluit die verootmoediging voor God, skuldbelydenis en smeking om genade, genadeverkondiging (Die vryspraak van God) en die afkondiging van die wet as reël vir ons dankbaarheidslewe in
  • Woorddiens Augustus 2009: Woorddiens
    Hieronder val die Selfstandige Skriflesing, die Skriflesing waaruit die prediking voortvloei, die prediking en die sakramente
  • Antwoorddiens Oktober 2009: Antwoorddiens
    Die Dank- of Antwoorddiens is die gemeente se antwoord op al die voorafgaande liturgiese hoofmomente. Dit vind gestalte in die gebed na die Woordiens, in die gee van liefdegawes, ons sang en ook in ons praktiese lewe van elke dag.

U ouderling sal gewoonlik die tema van die huisbesoek met u tydens huisbesoek bespreek, tensy daar 'n ander saak is wat aandag verg. U kan dit ook op 'n later stadium met hom bespreek.

Kry 'n gratis kopie van Adobe Acrobat Reader om die PDF dokumente te lees.
OpenOffice.org kan MS Word en MS Excel dokumente lees en skryf. Laai dit gratis van die internet af.
Microsoft Word Viewer kan ook gratis afgelaai word. Dit kan bestaande MS Word dokumente vertoon, maar nie verander nie.
Indien u enige probleme met hierdie webbladsye ondervind, stuur asseblief 'n boodskap aan die Webmeester
:: ontwikkel spesifiek vir IE Internet Explorer 5+ en Firefox Firefox 2+ ::