GKBO

Jeug

Jeug en Jeugaktiwitiete

In die gemeente bestaan daar verskeie groepe en aksies wat op die jeug gemik is. Die jeug is vir ons belangrik, nie net omdat hulle ons kinders is nie, maar ook omdat hulle deel het aan die Verbond en omdat hulle ook behoeftes het waaraan die gemeente moet en kan voorsien.

Eerstens is daar die onderrig van die kinders deur middel van gereeld katkisasieklasse. Hier neem die katkisasiekomitee die leiding.

Maar ook op sosiale vlak sien die gemeente om na sy jongmense. Daar is groepe vir verskillende ouderdomsgroepe wat gereeld bymekaarkom en aktiwiteite reël wat by die groep pas.

Die groepe is:

  • Vroetelkousies vir voorskoolse kinders en 'n kinderkerk tydens eredienste
  • Vrolike Veters vir die ouer kinders
  • Mimiek (vir 14 - 18 jariges)
  • 3GIG (Glo In God 3-enig) 'n Hoërskool-jeuggroep

    Indien u by een van die groepe wil inskakel, stuur 'n boodskap aan die groep, of vra die kerkantoor om u te help

  •  

    Indien u enige probleme met hierdie webbladsye ondervind, stuur asseblief 'n boodskap aan die Webmeester
    :: ontwikkel spesifiek vir IE Internet Explorer 5+ en Firefox Firefox 2+ ::