Laerskool Jeug

Die Laerskooljeug bied ten minste een keer ‘n kwartaal ‘n lekker aksie aan vir al die kinders van graad 1 tot 7 van GKBO. Maar maats is altyd welkom! Inteendeel, ons moedig julle aan om jul maats na ons gemeente te nooi.

Ons kinders is in baie verskillende skole, daarom wil ons graag op ‘n informele wyse vir die kinders die geleentheid gee om mekaar beter te leer ken.

Met hierdie geleenthede wil ons hulle ook geestelik versterk, om die jeug betrokke te hou by die gemeente. Ons poog ook om soveel moontlik ouers te betrek by die aksies.

Laerskooljeug inkleurkompetisie:

Inkleurkompetisie: Jy het reg gelees! Het jy al ooit deelgeneem aan ‘n Inkleurkompetisie? Hier is jou kans! Klik hier vir meer Inligting en Prente