Voorskool: Kinderkerk

Baie welkom by ons Kinderkerk!  Hier is die plek waar ons leer van ons Here en waar n kind net kan kind wees.  

Ons doel met die kinderkerk  is om kinders van die Here se liefde en genade te leer en hulle opgewonde daaroor te maak.  Hulle moet huis toe gaan met ‘n boodskap en hulle moet deel in die opwinding om ‘n kind van God te wees. Ons wil graag hê dat hulle op ‘n Sondagoggend opgewonde opstaan en weet dat hulle God vandag gaan dien in ‘n plek waar hulle met vrymoedigheid kind kan wees.  Kinderkerk begin Sondae oggende om 09:30.  Ons sien uit om jou daar te sien.