Ons doelwit is om die gemeente aktief te betrek by die werking
van die gemeente. Benewens die Kerkraad en Diakens, betaan daar 'n
aantal komitees wat verantwoordelik is vir die gladde funksionering
van die hele gemeente. Die komitees werk volgens die mandate soos
van tyd tot tyd aan hulle gegee word deur die Kerkraadsvergaderings
of Breë Kerkraadvergaderings.
Hier volg 'n lys van komitees.
Dagbestuur
Bedieningskomitee
Bejaardekomitee
Boekekomitee
Evangelisasiekomitee
Finansieskomitee
Gemeenteboekie
Gemeente-eenheidskomitee
Eiendomskomitee
Katkisasiekomitee
Komitee vir Christelike Onderwys
Mediateek
Nuwe Intrekkerskomitee
Jeugkomitee
Musiekkomitee
Preekopnames
Tuisbladkomitee
Die komitees rapporteer weer terug aan die Kerkraadvergaderings
of Breë Kerkraadsvergaderings, afhangende vanwaar hulle mandaat kom.
Indien u voel dat u 'n bydrae by een van die komitees kan lewer,
stuur 'n e-pos aan die
betrokke komitee, of
kontak die kerkkantoor om u in verbinding te bring met die
sameroeper van die komitee.