|
2010-03-07: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-03-07: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Deur te dien is ons ware volgelinge van Jesus Christus!
|
|
Teks:
Mark. 10 : 42 - 45
42 Jesus roep hulle toe nader en sê vir hulle: "Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik.
43 Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees;
44 en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.
45 Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense."
|
|
|
|
2010-03-07: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-03-07: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Teenstand - die leuen is magtig in die aanval maar die waarheid is magtig in sy oorwinning
|
|
Teks:
Neh. 6
1 Sanballat, Tobija, die Arabier Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het en dat dit nêrens meer vervalle was nie. In dié stadium was die poortdeure egter nog nie gehang nie.
2 Sanballat en Gesem laat my toe weet: "Kan ons mekaar in Kefirim, in die Onolaagte, ontmoet?" Hulle plan was om my by te kom.
3 Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: "Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?"
4 Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur.
5 Die vyfde keer stuur Sanballat toe ‘n amptenaar na my toe met dieselfde boodskap, maar ook met ‘n brief wat nie verseël was nie.
6 Daarin was geskrywe: "Onder die nasies word ‘n gerug versprei, en Gesem bevestig dit, dat jy en die Judeërs ‘n opstand beplan. Daarom bou jy die muur. Volgens die gerug wil jy koning word oor hulle,
7 en jy het ook al profete aangestel om jou in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep. Die gerug wil dat die koning van Persië hiervan te hore sal kom. Kom nou, kom ons praat."
8 Ek het hom terug laat weet: "Niks van wat jy sê, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim."
9 Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!
10 Ek het by Semaja seun van Delaja, seun van Mehetabel, gekom waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesê: "Kom ons ontmoet mekaar in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons dan die deure van die tempel sluit, want daar kom mense om jou dood te maak, hulle kom vannag om jou dood te maak."
11 Ek het gesê: "Sal ‘n man soos ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie!"
12 Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.
13 Hy is omgekoop om my bang te maak sodat ek ‘n misstap sou begaan en hulle die geleentheid gee om my te beskinder en my naam sleg te maak.
14 My God, onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het, en ook die profetes Noadja en die ander profete wat my wou bang maak.
15 Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae.
16 Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.
17 In daardie selfde tyd het daar baie briewe van vooraanstaande Judese burgers na Tobija toe gegaan en briewe van hom af na hulle toe gekom.
18 Baie Judeërs het noue bande met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Joganan was getroud met ‘n dogter van Mesullam seun van Berekja.
19 Hulle het gedurig voor my gepraat van Tobija se goeie hoedanighede, en alles wat ek gesê het, aan hom oorgedra. Dan het hy briewe gestuur en my probeer bang praat.
|
|
|
|
2010-02-28: Nagmaalsdiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-28: Nagmaalsdiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Skoon klere vir vuil klere!
|
|
Teks:
Sag. 3 : 4, 9b; 4 : 6
4 en die engel het vir sy helpers gesê: "Trek uit dié liederlike vuil klere van hom." Vir Jesua het hy gesê: "Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek."
9 Ek sit voor Jesua ‘n klip neer, en op hierdie een enkele klip is daar sewe oë. Ek gaan nou ‘n graveersel daarop aanbring, sê die Here die Almagtige, en Ek gaan die sonde van hierdie land op een enkele dag wegneem.
6 Toe sê hy vir my: "Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige."
|
|
|
|
2010-02-28: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-28: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
'n Gebrek aan eerbied vir jou medemens, wys 'n gebrek aan eerbied vir God
|
|
Teks:
Neh. 5 : 9; Ef. 5 : 21
9 Toe sê ek verder: "Dit is nie ‘n goeie ding wat julle besig is om te doen nie. Julle moet tog eerbied vir ons God hê in julle optrede en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie!
21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
|
|
|
|
2010-02-21: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-21: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
God se liefde vra selfondersoek oor ons liefde vir Hom!
|
|
Teks:
Mal. 1 : 1, 10
1 'n Uitspraak van die Here. 'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.
10 Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit, sodat julle nie my altaar tevergeefs aan die brand hou nie! Ek hou nie van julle nie, sê die Here die Almagtige, en Ek wil nie ‘n offer van julle hê nie.
|
|
|
|
2010-02-21: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-21: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Teenstand - hoe doen ek steeds God se werk?
|
|
Teks:
Neh. 4
1 Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar
2 en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: "Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle ‘n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?"
3 Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: "Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as ‘n jakkals daarteen spring!"
4 Hoor dit, ons God! Ons word bespotlik gemaak! Laat dié smaad op hulle eie kop afkom, laat hulle gevangenes word in ‘n land van ballingskap!
5 Moenie hulle oortreding vergewe nie, moenie dat hulle sonde ooit voor U uitgewis word nie! Hulle het die bouers beledig!
6 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.
7 Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod was hewig ontsteld toe hulle hoor die herstel aan Jerusalem se mure vorder en die afgebreekte gedeeltes is byna klaar opgebou.
8 Hulle het saamgesweer om Jerusalem te kom aanval en verwarring te stig.
9 Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.
10 Die Judeërs het begin kla: "Die draers se kragte gee in, die puin is te veel. Ons gaan dit nie regkry om die muur klaar te bou nie."
11 Ons teenstanders het gedink: hulle sal niks weet of sien voor ons tussen hulle is en hulle doodmaak en die werk tot stilstand bring nie.
12 Ons is egter keer op keer gewaarsku deur Judeërs wat naby ons vyande gewoon het en van oral af na ons toe gekom het.
13 Ek het die volk, gewapen met swaarde, spiese en pyle en boë, familiegewys ingedeel en hulle stelling laat inneem agter die muur onderkant elke plek waar die muur nog nie hoog genoeg was nie.
14 Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: "Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise."
15 Ons vyande het gehoor dat ons van hulle planne weet en dat God dit verydel het, en ons kon almal teruggaan muur toe, elkeen na sy werk toe.
16 Van daardie dag af was een helfte van my manne aan die werk en het die ander helfte die spiese, skilde, pyle en boë en harnasse gereed gehou. Die gesagvoerders het plek ingeneem agter elke familiegroep Judeërs
17 wat aan die muur gebou het. Dié wat boumateriaal moes aandra, het met een hand die werk gedoen en met die ander hand ‘n wapen vasgehou.
18 Die bouers het elkeen sy swaard om die heupe vasgegord gehad. Die ramshoringblaser het naby my gebly.
19 Ek het vir die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk gesê: "Die werk is groot en uitgestrek, en ons is oor die hele muur uitgesprei, elkeen ver van die naaste man af.
20 Waar julle ook al die ramshoring hoor blaas, daar moet julle by ons saamtrek. Ons God sal vir ons die stryd voer."
21 Ons het met die werk aangegaan, die helfte van die manne met spiese in die hand, van dagbreek af tot die sterre uitgekom het.
22 Ek het dié tyd ook vir die volk gesê: "Elke man met sy handlanger moet in Jerusalem oornag, sodat hulle snags vir wagdiens en bedags vir die werk beskikbaar is."
23 Nie ek of my medeamptenare of my dienaars of die wagte by my het kans gekry om ons klere uit te trek nie en selfs by die water het ons ons wapens gereed gehou.
|
|
|
|
2010-02-14: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-14: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Die vrou se verhouding teenoor haar man in hul huishouding
|
|
Teks:
Ef. 5 : 21 - 24
21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
22 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.
23 Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.
24 Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.
|
|
|
|
2010-02-14: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-14: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Ken God se geweldige krag!
|
|
Teks:
Ef. 1 : 19 - 23
19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
|
|
|
|
2010-02-07: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-07: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Dié offer laat ons offer - ons lofoffers
|
|
Teks:
Hebr. 13 : 15
15 Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ‘n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.
|
|
|
|
2010-02-07: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-02-07: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Dié offer laat ons offer - ons offer van naasteliefde
|
|
Teks:
Hebr. 13 : 16
16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.
|
|
|
|
2010-01-31: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-31: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Geestelike volwassenheid
|
|
Teks:
2 Kor. 13 : 9, 11
9 Ons is dus bly as ons swak is, as julle maar sterk is. Ons bid ook vir julle geestelike volwassenheid.
11 Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!
|
|
|
|
2010-01-31: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-31: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Anton Janse van Rensburg
|
|
Tema:
Hoe antwoord jy op die seëninge wat jy van die Here ontvang?
|
|
Teks:
Jos. 24 : 14
14 "Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here.
|
|
|
|
2010-01-24: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-24: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Benut elke geleentheid!
|
|
Teks:
Ef. 5 : 16
16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.
|
|
|
|
2010-01-24: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-24: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Anton Janse van Rensburg
|
|
Tema:
Soek eerder die goedheid van die Here op as jou vertroue in die wêreld se geld
|
|
Teks:
1 Tim. 6 : 10
10 Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
|
|
|
|
2010-01-17: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-17: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Lewende water!
|
|
Teks:
Joh. 7 : 37 - 39
37 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: "As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei."
39 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.
|
|
|
|
2010-01-17: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-17: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Goeie leiers bid, beplan en doen
|
|
Teks:
Neh. 2 : 1 - 10
1 Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie,
2 maar dié dag sê die koning vir my: "Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?" Ek was baie bang,
3 maar ek het vir die koning gesê: "Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?"
4 Toe sê die koning vir my: "Is daar iets wat jy my wil vra?" Ek het ‘n skietgebed opgestuur na die God van die hemel
5 en toe vir die koning gesê: "As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou."
6 Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: "Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?" Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom ‘n tyd aangedui
7 en toe vir hom gevra: "As die koning dit goedvind, laat ek briewe kry aan die goewerneurs in Wes-Eufraat, sodat hulle my vrye deurgang kan gee tot ek in Juda aankom.
8 Ek het ook ‘n brief aan Asaf nodig, die opsigter oor die staatsbos, dat hy my kan voorsien van hout om die poorte van die vesting by die tempel te maak, en vir die stadsmuur en vir die huis wat ek sal bewoon." My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan.
9 Ek het by die goewerneurs in Wes-Eufraat gekom en die briewe van die koning aan hulle oorhandig. Die koning het offisiere en ruiters met my saamgestuur.
10 Toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar dit hoor, was dit vir hulle slegte nuus. Hulle het dit as ‘n groot ramp beskou dat daar iemand gekom het wat iets goeds vir die Israeliete wou doen.
|
|
|
|
2010-01-10: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-10: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Bekeer en glo
|
|
Teks:
Kol. 3 : 5 - 11
5 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.
6 Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.
7 Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het.
8 Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie,
9 en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek
10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.
|
|
|
|
2010-01-10: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-10: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Prof. Cassie Venter
|
|
Tema:
Volhard ja, dié langs ons bemoedig ons en hy wat voor ons is versterk ons
|
|
Teks:
Hebr. 11 : 4; Hebr. 2 : 1 - 4
4 Omdat Abel geglo het, het hy ‘n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy ‘n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.
1 Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,
2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
3 Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
4 Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ‘n stryd om lewe of dood geword het nie.
|
|
|
|
2010-01-03: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-03: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Regte besluite neem gerig op God
|
|
Teks:
Spr. 16 : 1, 9
1 'n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.
9 'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.
|
|
|
|
2010-01-03: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2010-01-03: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Prof. Cassie Venter
|
|
Tema:
Wie glo maak God se môre vandag
|
|
Teks:
Hebr. 11 : 1
1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
|
|
|
|
2009-12-27: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-27: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Goed doen aan ander
|
|
Teks:
Gal. 6 : 9
9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
|
|
|
|
2009-12-27: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-27: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Theuns de Klerk
|
|
Tema:
In Christus lê vastigheid, oorwinning en heerlikheid
|
|
Teks:
Sag. 10 : 4
4 Uit Juda sal die hoekklip kom, uit hom sal die tentpen, uit hom die pyl en boog vir die oorlog kom, en uit hom sal elke onderdrukker padgee.
|
|
|
|
2009-12-25: Kersdiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-25: Kersdiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Teologie van Kersfees
|
|
Teks:
Fil. 2 : 5 - 11
5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:
6 Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
7 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het,
8 het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,
10 sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig,
11 en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader.
|
|
|
|
2009-12-20: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-20: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Henning Venter
|
|
Tema:
Wat gemaak met moeg word?
|
|
Teks:
Gal. 6 : 9
9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
|
|
|
|
2009-12-20: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-20: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Prof. Cassie Venter
|
|
Tema:
Kersfees - God begin nuut met ons
|
|
Teks:
Joh. 1 : 14
14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
|
|
|
|
2009-12-13: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-13: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
Glo en werk met God se beloftes aan jou!
|
|
Teks:
Jos. 14 : 12
12 Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat daar Enakiete is en groot vestingstede. Miskien sal die Here by my wees sodat ek hulle kan verower soos Hy beloof het."
|
|
|
|
2009-12-13: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-13: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Prof. Cassie Venter
|
|
Tema:
Alleen wees - nie goed nie, Nie alleen wees nie - goed.
|
|
Teks:
Gen. 2 : 18, 22
18 Verder het die Here God gesê: "Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke."
22 en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot ‘n vrou en bring haar na die mens toe.
|
|
|
|
2009-12-06: Oggenddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-06: Oggenddiens (Volledige diens)
|
|
Prof. Cassie Venter
|
|
Tema:
Die Here openbaar Homself en die Here verberg Homself
|
|
Teks:
Eks. 3 : 2, 14
2 Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ‘n vlam binne-in ‘n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.
14 Toe sê God vir Moses: "Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur."
|
|
|
|
2009-12-06: Aanddiens (Teks en preek)
|
|
2009-12-06: Aanddiens (Volledige diens)
|
|
Ds. Reinder Kingma
|
|
Tema:
In Betlehem!
|
|
Teks:
Matt. 2 : 1
1 Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom
|
|
|