GKBO

Publikasies

Inligting 2011 Jaarprogram 2011 is omvattende oorsig van al die byeenkomste, vergaderings en ander kerklike geleendhede in almanak-vorm. Daar is ook 'n verkorte vorm (4 bladsye) beskikbaar.

Inligting 2008 As Christen By Die Siekbed is 'n aanbieding wat Reint Berg tydens die breë kerkraad­vergadering in Oktober 2009 gelewer het oor siekebesoek. Dit bevat praktiese riglyne vir enigiemand wat 'n siek persoon tuis of in die hospitaal gaan besoek.

Beloftevorm Beloftevorm vir Bydraes Voltooi hierdie vorm en gee dit aan u ouderling of die kassiere. Dit verskaf die nodige inligting aan die Finansïele Komitee om die gemeente se begroting op te stel vir die jaar. Die vorm bied ook 'n opsie om bydraes gerieflik per debietorder te betaal. Wenk: Voltooi een kopie vir u eie gebruik.

Bydraebrief Begeleidende Brief tot die Beloftevorm 'n Brief wat die beloftevorm (sien hierbo) vergesel, waarin die doel van die bydrae-beloftes en die beloftevorm verduidelik word.

Rom 12 Die Nuwe Lewe In Christus 'n Beryming van Rom. 12:1-8, gesing op die melodie van "Middel­punt van ons verlange", Liedboek lied 393. Woorde deur Bart van Milligen.

Lees dit aanlyn of druk dit uit om altyd byderhand te hê.


Ander bronne op die internet

Hierdie skakels is na bladsye wat nie op ons gemeente se webwerf is nie, maar wat vir Christene van belang is.

CJF Roetekaarte na Kerkgeboue van die Gereformeerde Kerke van Suid Afrika
Kies 'n gemeente uit die lys en 'n lugfoto of straataansig (indien beskikbaar) van die kerkgebou, adres en roeteaanwysings na die kerk sal vertoon word. (Verskaf deur die webwerf van die Gerefomeerde Kerke in Suid Afrika).
Bybel Die 1933/53- en 1983-vertalings van Die Bybel op die Internet
Lees die Bybel in Afrikaans op die internet, bekende verse uit die Bybel, die geskiedenis van Die Bybel in Afrikaans, 'n Eenjaar-leesprogram, verskeie Bybelvasvrae en 'n katalogus en ander inligting oor die Bybelgenootskap van Suid Afrika. Daar is ook 'n soekenjin beskikbaar.
CJF Die Calvyn Jubileum Boekefonds
Die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika publiseer evange­lisasie­literatuur deur die Calvyn Jubileumfonds. Hul webwerf bied 'n wye reeks literatuur in Afrikaans (en sommige in Engels) op die webwerf, asook Quo Vadis?, die gereelde evangeli­sasieblad van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika.
GKSA Die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
Webwerf van die Gereformeerde kerkverband met nuus en gidse, belydenisskrifte (ook in Engels), formuliere, kerkorde (ook in Engels), gemeentes, predikante, standpunte, publikasies en nog meer. Van die skakels op dié webwerf sluit in: Besonderhede van gemeentes, kerklike tydskrifte, sinodes en meer.
GKSA Kruispad
Kruispad is ’n eietydse tydskrif met reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong gelowiges, om toerusting te gee wat nodig is om ingeligte keuses te maak wat lei tot geloofsgroei.
GKSA Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
'n Beknopte oorsig van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Afrikaanse Wikipedia, 'n reuse vrye ensiklopedie wat deur vrywillige bydraes gebou word.
GKSA Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika [Worldcat Identities]
'n Literatuurlys van bykans 200 publikasies van en oor die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika - in verskeie tale, asook 'n tydskaal wat die aantal publikasies sedert 1860 aantoon (Engels).

Indien u enige probleme met hierdie webbladsye ondervind, stuur asseblief 'n boodskap aan die Webmeester
:: ontwikkel spesifiek vir IE Internet Explorer 5+ en Firefox Firefox 2+ ::