Silwer Seniors

Ons Silwer Seniors is al ons lidmate wat ouer as 70 jaar is. Hulle is ‘n redelik groot groep wat ons kwartaaliks wil bederf met ‘n lekker kuier-funksie by die gemeentesentrum. Elke jaar skop gewoonlik af met ‘n lekker braaivleis-ete. Die winter se koue word later in die jaar verdryf met ‘n ete terwyl die lente begroet word met ‘n lente-tee. Die jaar word gewoonlik afgesluit met ‘n Kers-ete.

Tydens die funksies lewer ons gemeente se voorskoolse- en laerskoolkinders ook items of maak hulle iets spesiaals wat hulle dan persoonlik aan die Silwer Seniors kom oorhandig. Daar is altyd groot waardering vir hulle liefde en omgee.

Periodiek word daar ook uitstappies vir die Silwer Seniors gereël. Hierdie jaar gaan hulle byvoorbeeld ‘n besoek aan Houtbaai bring en weglê aan Houtbaai se lekker visgeregte!

Al sy funksies en uitstappies word gereël deur ‘n diensgroep van ongeveer 10 lidmate wat geroepe voel vir hierdie werk. Hulle probeer om ook deur die jaar met elke Silwer Senior kontak te hou of hulle te gaan besoek.

Hierdie diensgroep doen hulle werk met ‘n groot glimlag en is werklik ‘n baie spesiale groep lidmate met harte vol liefde vir ons Silwer Seniors.

Sameroeper:
Annatjie Schanell
076 701 1152

 

Die lekker-eet op Houtbaai: