|
|
Die hoofbron waaruit ons onderrig word in die geloof, is natuurlik
die Bybel. Daarbenewens is daar nog baie ander bronne wat ons help
toerus om te groei in die geloof en ook vir ander mense 'n lig in
hierdie wêreld te wees.
Hoe herken en hanteer ek as gelowige my eie gevoelens?
'n Toerustingseminaar in twee sessies vanuit 'n christelike
perspektief, aangebied deur prof. Cassie Venter en Elmarié du Plessis.
Die gelowige is 'n nuwe mens in Christus
Hoe leef ons die nuwe lewe in Christus in wat ons dink?
Hoe hanteer ek gevoelens van vrees, woede, droefheid en
gelukkigheid?
Wat is die verband tussen my emosies en dit wat ek dink?
Hoe staan die Heilige Gees my by in die hantering van my
emosies?
|