Aankondiging2026-09-201 min lees· Ds. Vickus van Jaarsveld

Ons wil u graag in kennis stel van 'n dringende en baie belangrike kwessie wat die kerklike vryheid in Suid-Afrika raak. Die Regtekommissie (CRL) beoog om kerke streng te reguleer en te beheer deur onder andere verpligte registrasie, lisensiëring en regulering van godsdienstige instellings en hul bedienaars.

Die Owerheidsdeputate van die GKSA het reeds 'n standpunt ingeneem waarin hulle beklemtoon dat hierdie rigting ingaan teen die Woord van God en die huidige grondwetlike godsdiensvryheid. Dit is 'n saak wat ons as gelowiges ernstig moet opneem.

Van Junie 2026 tot April 2027 gaan die Artikel 22-komitee na al nege provinsies toe vir 'n week lange, intensiewe oorlegpleging waar lidmate die geleentheid sal hê om hulle stem te laat hoor en hul getuienis te lewer.

Ons moedig daarom alle lidmate aan om betrokke te raak deur die datums van die verhore wat op die deputate se webtuiste verskaf word, dop te hou en hulle te registreer om deel te neem.

Lidmate kan die inligting en datums hier vind en registreer:

Dit is 'n ernstige saak wat ons geloof en kerklike vryheid kan beïnvloed. Ons vra dat u as kerkverband hierdie boodskap breed versprei en lidmate aanspoor om aktief deel te neem in die gespreksproses.

Mag ons in gebed volhard dat God se wil sal geskied en die kerk se vryheid beskerm sal word.

Ds. Vickus van Jaarsveld (GK Alberton-Wes), Sel: [nommer verborge — meld aan om te sien]

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.