Word deel van hierdie kosbare bediening aan gevangenes in sewe tronke oor die Wes-Kaap, waar jy in die gerief en veiligheid van jou eie huis die evangelie kan deel en bedien.
Ons laaste mentoropleiding vir 2026 is DV:
Datum: Saterdag, 7 November 2026 Tyd: 09:00 - 13:00 Plek: Gereformeerde Kerk Bellville, Broadwaystraat 6, Vredelust, Bellville (oorkant Louis Leipoldt Medi-kliniek)
Kontakpersoon: Margo Nijeboer @ [nommer verborge — meld aan om te sien]
Daar is ook 'n groot behoefte aan koeriers (wat tronke besoek) om die lesse weer te gaan ruil en 'n geloofsgesprek met dikwels nuwe Christene te voer.
Indien die Here dit op jou hart lê om deel van hierdie bediening te word, skakel met Anton Vreulink of met Frans Nijeboer ([nommer verborge — meld aan om te sien])

