Dankie2026-07-261 min lees
Baie dankie vir elke gebed en aan elkeen wat hulle beursies oopgemaak het om pastoor Kamboyi en sy familie te ondersteun na die tragiese aanval op die familie naby Lukulu in Wes-Zambië. GKBO het 'n bedrag van R38,320 aan die Kamboyi-familie oorbetaal.
Tragies het daar sedertdien nog 'n seun van die familie omgekom agv brandwonde opgedoen tydens die voorval. Mev Kamboyi is steeds in die Chitokoloki Sendinghospitaal maar maak goeie vordering. Hou asseblief aan om aan Pastoor Kamboyi en sy familie te dink in julle gebede.