Aankondiging2026-09-062 min lees

As die Here wil gaan ons vanaf die 6de September in diepte fokus op ons gemeente se roepingstelling naamlik God, mekaar, die wêreld. Dit is 'n tyd waarin ons weer die kernbeginsels van hierdie roepingstelling gaan vaslê en opnuut fokus op die Here se roeping vir ons hier in Bellville-Oos. Fokustyd is daar om ons aan te moedig om deur middel van huisgodsdiens, Persoonlike- en Groepsbybelstudie, weeklikse dagstukkies en gefokusde preke tot 'n dieper indruk van ons gemeente se roeping te kom en sodoende te groei in ons verhouding met Hom en mekaar.

Hoe lyk die formaat van Fokustyd?

  • 6 September is die inleidende preek.
  • Maandagoggende is daar 'n inleiding tot die week se tema.
  • Tesame met die week se tema word daar Bybelgedeeltes vir verdere studie op die gemeente se Whatsapp-groep deurgegee. Hierdie gedeeltes sal by die weeklikse Bybelstudies en Geloofsfamilies behandel word. Daar is ook die opsie om dit te gebruik in persoonlike Bybelstudie, maar ons wil julle aanmoedig om ten minste in hierdie tyd by 'n Bybelstudiegroep/Geloofsfamilie te probeer aansluit. Indien daar nie een is wat inval in die tyd wat jy beskikbaar het nie, is daar niks wat jou keer om nog 'n geloofsfamilie te begin nie.
  • Daar sal ook wenke wees van hoe om hierdie gedeelte met jou kinders te bespreek sodat hulle ook ingesluit word by hierdie studietyd.
  • Vrae wat uit die Bybelstudies opkom kan gerus aan die predikante gestuur word en dit sal so goed as moontlik in die preke beantwoord word.

(Indien jy nog nie op die gemeente se whatsapp groep is nie, stuur 'n whatsapp na die kerkkantoor ([nommer verborge — meld aan om te sien]) of gebruik die volgende skakel: https://chat.whatsapp.com/EYzxKzkVq7LIg02GtRv1dq om aan te sluit.)

Datums en temas:

  1. 7-13 September: God is heilig (Reynold)
  2. 14-20 September: God is lief (Reinder)
  3. 21-27 September: Aan mekaar verbind (Jaco)
  4. 12-18 Oktober: Daar vir mekaar (Brahm)
  5. 19-25 Oktober: Die kerk in die stad (Jaco)
  6. 26 Oktober: Die kerk in die wêreld (Brahm)
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.