Gemeente2026-09-132 min lees

Ons het verlede week begin met 'n nuwe reeks waar ons in diepte fokus op ons gemeente se roepingstelling naamlik God, mekaar, die wêreld. Dit is 'n tyd waarin ons weer die kernbeginsels van hierdie roepingstelling gaan vaslê en opnuut fokus op die Here se roeping vir ons hier in Bellville-Oos. Fokustyd is daar om ons aan te moedig om deur middel van huisgodsdiens, Persoonlike- en Groepsbybelstudie, weeklikse dagstukkies en gefokusde preke tot 'n dieper indruk van ons gemeente se roeping te kom en sodoende te groei in ons verhouding met Hom en mekaar.

Hoe lyk die formaat van Fokustyd?

  • Verlede Sondag was ons inleidingspreek na die Fokustyd met die eerste tema wat per whatsapp en epos uitgestuur is. Alle temas sal ook op die webtuiste gelaai word om weer deur te werk of te gebruik as Bybelstudie / Groepsbesprekings by Geloofsfamilie byeenkomste (https://www.gkbo.org/aflaai/Fokustyd).
  • Maandagoggende is daar 'n inleiding tot die week se tema.
  • Tesame met die week se tema word daar Bybelgedeeltes vir verdere studie op die gemeente se Whatsapp-groep deurgegee. Hierdie gedeeltes sal by die weeklikse Bybelstudies en Geloofsfamilies behandel word. Daar is ook die opsie om dit te gebruik in persoonlike Bybelstudie, maar julle word aangemoedig om ten minste in hierdie tyd by 'n Bybelstudiegroep/Geloofsfamilie aan te sluit.

(Indien jy nog nie op die gemeente se Whatsapp-groep is nie, stuur 'n Whatsapp na die kerkkantoor ([nommer verborge — meld aan om te sien]) of gebruik die skakel: https://chat.whatsapp.com/EYzxKzkVq7LIg02GtRv1dq om aan te sluit.)

  • Daar sal ook wenke wees van hoe om hierdie gedeelte met jou kinders te bespreek sodat hulle ook ingesluit word.
  • Vrae wat uit die Bybelstudies opkom kan aan die predikante gestuur word en sal so goed as moontlik in die preke beantwoord word.
DatumsTemaPredikant
7-13 SeptemberGod is heiligReynold
14-20 SeptemberGod is liefReinder
21-27 SeptemberAan mekaar verbindJaco
12-18 OktoberDaar vir mekaarBrahm
19-25 OktoberDie kerk in die stadJaco
26 OktoberDie kerk in die wêreldBrahm
Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.