Gemeente2026-09-202 min lees

Ons het voorverlede week begin met 'n nuwe reeks waar ons in diepte fokus op ons gemeente se roepingstelling naamlik God, mekaar, die wêreld. Dit is 'n tyd waarin ons weer die kernbeginsels van hierdie roepingstelling gaan vaslê en opnuut fokus op die Here se roeping vir ons hier in Bellville-Oos. Fokustyd is daar om ons aan te moedig om deur middel van huisgodsdiens, Persoonlike- en Groepsbybelstudie, weeklikse dagstukkies en gefokusde preke tot 'n dieper indruk van ons gemeente se roeping te kom en sodoende te groei in ons verhouding met Hom en mekaar.

Hoe lyk die formaat van Fokustyd?

  • Maandagoggende is daar 'n inleiding tot die week se tema wat na almal gewhatsapp word op die kerk se whatsappgroep.
  • Tesame met die week se tema word daar Bybelgedeeltes vir verdere studie op die gemeente se Whatsapp-groep deurgegee. Hierdie gedeeltes sal by die weeklikse Bybelstudies en Geloofsfamilies behandel word.
  • Daar sal ook wenke wees van hoe om hierdie gedeelte met jou kinders te bespreek.
  • Vrae wat uit die Bybelstudies opkom kan aan die predikante gestuur word en sal so goed as moontlik in die preke beantwoord word.
DatumsTemaPredikant
Wk 2. 14 - 20 SeptemberGod is liefde (dan 'n breek vir die vakansie)Reinder
Wk 3. 5 - 11 OktoberAan mekaar verbindJaco
Wk 4. 12 - 18 OktoberDaar vir mekaarBrahm
Wk 5. 19 - 25 OktoberDie kerk in die stadJaco
Wk 6. 26 Oktober – 1 NovemberDie kerk in die wêreldBrahm

(Indien jy nog nie op die gemeente se Whatsapp groep is nie, stuur 'n Whatsapp na die kerkkantoor ([nommer verborge — meld aan om te sien]) of gebruik die skakel: https://chat.whatsapp.com/EYzxKzkVq7LIg02GtRv1dq om aan te sluit. Alle temas sal ook op die webtuiste gelaai word.)

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.