Aankondiging2026-10-111 min lees

Ons nooi alle lidmate uit om 'n geloofsfamilie-meningsopname wat ons in Oktober wil afhandel te voltooi. Die doel is om lidmate se behoeftes en belangstelling in geloofsfamilies beter te verstaan, sodat ons saam kan beplan hoe hierdie groepe onderlinge meelewing, ondersteuning en geloofsgroei in ons gemeente kan bevorder. U insette is welkom, veral indien u nie tans by 'n geloofsfamilie betrokke is nie.

Die elektroniese vorm kan oopgemaak word deur die QR-kode in hierdie berig met u selfoon se kamera te skandeer en die vorm oop te maak. Die GKBO-kantoor of u ouderling sal ook sover moontlik die skakel per WhatsApp aan u stuur. Alternatiewelik kan u ook die onderstaande skakel gebruik om aanlyn in te vul:

https://gkbo.kalah.app/vorms/kleingroepe-2026

Lidmate wat verkies om nie die elektroniese vorm te gebruik nie, kan 'n papierweergawe agter in die kerk kry.

Beide elektroniese en papier meningsopnames is doelbewus anoniem en U word aangemoedig om u eerlike ervarings en opinies deur te deel ten einde 'n akkurate beeld van geleenthede en uitdagings rakende geloofsfamilies te verkry.

Ons beoog om resultate vanaf 26 Oktober te konsolideer vir verwerking en sal dit waardeer indien u teen Sondag 25 Oktober u insette sal indien.

Baie dankie vir u deelname en waardevolle insette.