Projek2026-10-091 min lees

Huis Boland hou op Vrydag 9 Oktober hulle gebruiklike mini-Basaar. Hulle vra ons hulp met die skenking van bestanddele vir die nagereg-tafel. Jellies, vla, ingedampte melk, ingelegde vrugte ens. asook helpers om pannekoek te bak. Bestanddele kan Sondag in die voorportaal van die kerk afgegee word, of by Huis Boland self.

Verder is daar ook weer pasteie, sosaties asook wegneemetes sodat ma nie Vrydag in die kombuis hoef reg te staan nie. Kom ondersteun asseblief ons tehuis!