Projek2026-09-131 min lees· Charitas span

Bid jy graag? Kan jy planne maak? Is jy goed met geld? Werk jy graag met mense? Geniet jy dit dalk om kinders te begelei? Kan jy projekbestuur? Is dit vir jou lekker om fondse in te samel, met ander oor Jesus te gesels, of verhoudings te bou?

Daar is tans 'n hele paar Charitas projekte in Goliath Estate, maar die nood is groot en ons kort die gemeente se hulp om hulle op 'n volhoubare manier aan die gang te hou en – as dit Sy wil is – uit te brei.

Neem asseblief 'n oomblik om die Charitas behoeftes in gebed na God te bring:

  • Charitas span – ons wil graag die span vergroot en benodig spesifiek:
    • Iemand om met die jaarlikse finansiële oudit te help
    • 'n Mens of groep wat 'n eenmalige fondsinsamelingprojek kan bedryf
    • Nog mense wat wil saam dink en bid oor hoe om ons mandaat so goed moontlik uit te leef
  • Die tutorprogram – ons benodig hier:
    • Nog mense wat in die middae met tutoring kan help, verkieslik op 'n gereelde basis (1 x 'n week vir 60-90 minute op 'n slag)
    • 'n Toesluitkas om al ons skryfbehoeftes ens veilig te hou aangesien meer as een groep die lokaal waar ons dit hou gebruik
  • Vervoerprojek – dit beloop tans sowat R10 000 'n maand en ons benodig bydraes of borge om die bedrag by te bring

Kontak ons gerus as die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak!

In Sy diens: Die Charitas span