Jeug2026-09-061 min lees
Die jaar is op 'n drafstappie op pad na die einde van die kwartaal wat beteken die Koningskinderskamp lê om die draai. Ons vra weer ons ouma's en oupa's om vir die kinders koekies te bak (of aan te koop) vir 'n ekstra bederfie tydens hulle tee/koffie en verversings.
Die kamp begin op 23 September, en ons vra dat die bakkers/baksters hulle bederfies voor of op Sondag 20 September in die kombuis sal afgee. Merk asseblief u houers duidelik deur Koningskinders daarop te skryf. Indien u graag u houer wil terughê, merk asseblief die houer ook duidelik met u naam en van. Dit sal weer na die kamp in die kombuis gelaat word.

