Jeug2026-09-201 min lees

Die jaarlikse Koningskinderskamp begin komende Woensdag en weer te Melkbosstrand. Hierdie instelling is elke jaar die hoogtepunt van die kinders se jaar. Ons dank die Here vir die kinders wat Hy stuur, vir elke groepleier en spanlid se liefdevolle sorg en toewyding, die onvoorwaardelike liefde en aanvaarding wat elke kind in oorvloed van elke spanlid kry. Ons kry jaarliks sulke goeie terugvoer van ouers en veral onderwysers na so 'n kamp. Dis 'n voorreg en 'n seën vir elke spanlid om hierdie kinders so lief te kan hê. Ons vra die gemeente se voorbidding vir die kamp, vir elke kind wat met sy of haar swaarkry kamp toe kom, vir elke spanlid wat moet voorvat, leer, dissiplineer, liefde en empatie uitdeel. Dit verg 'n groot klomp energie, maar beleef ons genade wat elke dag nuut is.