Aankondiging2026-09-131 min lees· Mediateek
Mediateek beveel aan: Sonneblomme & Sneeu in Oekraïne

Sonneblomme & Sneeu in Oekraïne — 'n Outobiografie deur Michele Potgieter.

Ockert en Michele Potgieter verhuis na die val van die ystergordyn na die dorpie Reni in die Oekraïne.

Hulle werk meer as twintig jaar lank onder die plaaslike gemeenskap, beleef moeilike omstandighede, noue ontkomings met die mafia, KGB-agtervolging en verraad.

Dan sterf Ockert tydens die Covid-19-pandemie op 'n besoek aan Suid-Afrika. Michele staan voor die swaar keuse om in Suid-Afrika by haar mense te bly of terug te keer na Oekraïne waar oorlog dreig.

'n Aangrypende verhaal van verraad, maar ook van liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, en die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.