Aankondiging2026-07-261 min lees· Mediateek

Stel jy belang om meer doelgerig te lees, te sien wat ander lees of net wonder wat ander inspireer?
Loer gerus in by Facebook - die mediateek se "Christelike boekkletsklub" en begin gedagtes rondom boeke, potgooi en geskrewe inligtingsbronne deel.
Aanbevole boek: The Language of Rivers and Stars deur Seth Lewis
"As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en sterre waaraan U 'n plek gegee het…" (Ps 8:4)
"Die hemelruim verkondig die eer van God, en die hemelkoepel maak die werke van sy hande bekend." (Ps 19:1)
In hierdie boek lei die skrywer die leser om, deur die bril van God se Woord, opnuut verwonderd te staan oor die skepping wat God se glorie en heerlikheid besing.