Gebeure2026-09-141 min lees· Vrolike Veterane
Br. George Thom het 'n kenner van die ossewa raakgeloop wat vir ons wil kom vertel van die interessanthede van die vervoermiddel uit ons geskiedenis. Koos Maree is 'n kenner van die voertuig wat soveel jare lank die middelpunt van ons land se transportbedryf was. Koos bou ook miniatuur ossewaens.
Hy kom ons DV op Maandag 14 September by die kerk vertel van die ossewa, sy geskiedenis, en hoe hy gebou word. Weet jy wat 'n lunsriem is?
Datum: 14 September Plek: By die kerk Tyd: 9:30

