Jeug2026-09-131 min lees
Wees groepleier by die Boland-kamp in Bettiesbaai

Daar is 'n amazing geleentheid, en slegs beperkte hoeveelheid mense kan genooi word!!! Indien die volgende jou beskryf, kwalifiseer jy om vir 5 dae op 'n groot avontuur te gaan:

  • Jy 'n Christen en wil Jesus Christus se reddingsgenade met ander deel
  • Jy is 'n student/jong werkende
  • Jy is beskikbaar 1-6 Desember 2026
  • Jy hou daarvan om met tieners te werk
  • Jy is 'n lekker mens
  • Jy wil in jou geloof groei
  • Jy hou van speel, kamp, stap, see en eet

Indien jy 7 reg merkies het – geluk!! Jy word genooi om die jaar 'n groepleier te wees by die Boland-kamp. Die kamp is in Bettiesbaai. Om in te skryf as 'n groepleier of vir meer inligting oor die avontuur, kontak gerus vir Zea Duffy ([nommer verborge — meld aan om te sien]).

Sommige kontakbesonderhede is verberg vir besoekers wat nie aangemeld is nie. Meld aan om alles te sien.